Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

Winterhoop-projek

Ons gemeente se Winterhoop-projek vind weer in Junie en Julie plaas. 

Wat kan ek gee?

  • komberse
  • nie-bederfbare kos

Waarheen moet ek dit bring?

  • Bring dit saam na die erediens
  • of lewer dit af by die kerkkantoor (Maandag - Vrydag 9:00 - 13:00)

Die nie-bederfbare kos sal aan Voedingsaksie gegee word. 

image

ALMAL WELKOM

Almal word ook genooi om Woensdag 10 Julie saam met Straatlig die komberse uit te deel.

Die koue wintermaande in ons land is besonder uitdagend vir arm gesinne, hulpbehoewende kinders by skole en hawelose mense op straat.  ʼn Groot behoefte bestaan vir komberse en kos.  Winterhoop is ʼn tydperk waartydens ons in die besonder dink aan Jesus se optrede teenoor armes en behoeftiges.  Dit is ’n tyd om te luister, dieper te kyk en die persoon agter die behoefte raak te sien.  Dit is ’n tyd om die menswaardigheid van ander te erken en op ʼn tasbare wyse die liefde van Jesus aan hulle te bewys.  Dit is ook ʼn tyd van dankbaarheid vir wat ons van die Here ontvang. 

Lidmate het die geleentheid om in Junie vanjaar komberse en nie-bederfbare kos vir hierdie projek te bring.  Dit kan afgelewer word by die eredienste of by die kerkkantoor. 

Elkeen se bydrae sal baie waardeer word! 

Kontak Madia Ackermann by 082-550-3146 of [email protected] vir meer inligting.