Het jy ‘n behoefte daaraan dat iemand saam met jou bid?
Elke Sondag na die erediens is daar iemand in die gesinskamer (agter in die kerkgebou) wat graag vir of saam met jou sal bid.
Wil jy graag betrokke raak by die gebedsbediening in ons gemeente?
- Sluit aan by die span wat Sondae na die erediens beskikbaar is vir voorbidding.
- Kom bid elke Sondag oggend 9:00 in die Konferensielokaal saam.
- Kom bid elke Dinsdagoggend 10:00 (tydens skoolkwartale) saam met die leraars in die konsistorie.
- Kom bid elke Woensdag oggend 11:00 saam by Geluksoord.
- Kom bid maandeliks om 15:00 saam by Molenhof. (raadpleeg kerkkalender vir datums)
- Sluit aan by die gemeente se gebedsgroep om versoeke te ontvang
- Kommunikeer gebedsversoeke aan Settie de Koker 082 448 5976