Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

Vakature Orrelis

Die NG Gemeente Stellenbosch-Wes wil deur klassieke en hedendaagse musiek ’n dieper ervaring van lofprysing en aanbidding in ons eredienste vestig.  Begeleiding word met ’n verskeidenheid van musiekinstrumente (pyporrel, klavier, kitaar ens.) aangebied.

Ons adverteer tans 2 poste.

Aansoeke word ingewag van persone vir die funksies van:

  1. Orrelis 
  2. Musiekleier / Koördineerder.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Maart 2020.

Aanvangsdatum van poste is 1 Junie 2020.

Stuur CV en motiveringsbrief aan [email protected]

Rig navrae aan Michéle Erwee, ons gemeentebestuurder, by 021 886 5132 of bogenoemde epos adres.


ORRELIS KONTRAKPOS

Aansoekers…

  • Het die nodige orrel kwalifikasies, -vaardigheid en  vorige ondervinding.
  • Begelei eredienste op orrel.
  • SAKOV lidmaatskap en bywoning van byeenkomste word aangemoedig en sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n voorvereiste vir die pos nie.
  • Is entoesiasties en passievol oor musiek in die algemeen, met die klem op geestelike musiek en beskou dit as ’n roeping om deur middel van musiek die Here te dien en die gemeente te bedien.
  • Omarm die diversiteit van die gemeente, in lyn met ons visie en getuienisskrif.
    (sien stellenboschwes.co.za/visie/getuienisskrif/ )
  • Het genoegsame kennis van geestelike musiek (Liedboek, VONKK en FLAM).
  • Selekteer toepaslike liedere uit die klassieke en hedendaagse liedereskat vir die gemeente se aanbidding en lofprysing.
  • Beskik oor goeie menseverhoudings.
  • Vaardigheid en ervaring op klavier en/of ander musiekinstrumente vir begeleiding en/of samespel tydens eredienste sal in die aansoeker se guns tel.

Die posisies van Orrelis en Musiekleier / Koördineerder staan apart van mekaar.  Aansoekers kan vir enige een of beide posisies aansoek doen.  Aansoekers moet spesifiseer vir watter posisie(s) hy/sy aansoek doen en moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en oudisie.   Vergoeding volgens SAKOV-riglyne, onderhandelbaar na gelang van die strukturering van die pos(te).