Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

Archives

21
Mar

EREDIENS Sondag 22 Maart 2020

WELKOM!


TEMA:

‘Vertroue te midde van bekommernis’

TEKS: Matteus 6:25-34

PREDIKER: Dr Daniël de Wet


KYK SAAM:


KINDER-OOMBLIK:

BOODSKAP:


SING OF LUISTER SAAM:


Aandgesang (Anita Lotz)

BRON: www.blogkliesjee.wordpress.com


In Christ alone

In Christ alone my hope is found. He is my light, my strength, my song. This Cornerstone, this solid ground. Firm through the fiercest drought and storm. What heights of love, what depths of peace. When fears are stilled, when strivings cease. My Comforter, my All in All Here in the love of Christ I stand.

In Christ alone, who took on flesh. Fullness of God in helpless Babe. This gift of love and righteousness. Scorned by the ones He came to save. ‘Til on that cross as Jesus died. The wrath of God was satisfied. For every sin on Him was laid. Here in the death of Christ I live.

There in the ground His body lay. Light of the world by darkness slain. Then bursting forth in glorious Day. Up from the grave He rose again. And as He stands in victory Sin’s curse has lost its grip on me. For I am His and He is mine. Bought with the precious blood of Christ

No guilt in life, no fear in death. This is the power of Christ in me From life’s first cry to final breath Jesus commands my destiny. No power of hell, no scheme of man. Can ever pluck me from His hand. ‘Til He returns or calls me home. Here in the power of Christ I stand.


GEE JOU OFFERGAWE:


SNAPSCAN

 

EFT:

NG GEMEENTE STELLENBOSCH WES
Nedbank
Takkode: 198765
Rekeningnommer: 1498043291


LEES & GESELS MET JOU KINDERS:


In uitdagend tye soos wat ons nou in die gesig staar, word ons geroep om ons na die Here te wend vir ‘n kalm gees en leiding. Ons word ook geroep om as ouers ons kinders te ondersteun en saam ander om ons te bedien met hoop en liefde gebaseer op ons geloof in die Drie-enige-God.

As gemeente wil ons ook leiding verskaf oor hoe ons in hierdie tydperk met ons kinders oor die karonavirus en aangeleenthede daarrondom, kan gesels in Sy teenwoordigheid.

LAAI AF (PDF): GESPREKSRIGLYNE

 

 


17
Feb

#IMAGINE. Droom. Glo. Doen.

ALLE TIENERS WELKOM!

Koop jou kaartjie hier.

Lees meer hier… imaginemovement.co.za

#Imagine is ʼn strategie om hoop in Suid-Afrika vry te laat en visionêre leiers vir ons land en sy toekoms te ontwikkel. Ons land het dringend leiers met integriteit, ʼn morele kompas, ʼn hart vir die nood rondom ons en toewyding en geloof nodig. #imagine fokus daarom daarop om Suid-Afrika se waardesisteem vanuit ʼn geloofsgegronde perspektief te versterk. Ons doen dit deur jongmense aan te moedig om op te staan en uit te staan, om hulle lewe te leef vanuit ʼn fondament van waardes en beginsels. 

 Die #Imagine-beweging glo jongmense het die vermoë om te droom, die kapasiteit om in die onmoontlike te glo en eindelose bronne energie om hulle drome waar te maak en hulle planne uit te voer.Ons jongmense is nasiebouers en wedstrydwenners. Ons is immers ’n nasie van jongmense – ongeveer 50% van alle Suid-Afrikaners is onder 25 jaar oud. Ongeveer 80% van hulle sê hulle kom uit ʼn Christelike agtergrond en is daarom gereed om hierdie wonderlike waarheid te omarm: Te midde van al die onsekerhede het God ʼn droom vir hulle lewe, en in Hom is hulle toekoms verseker.

Imagine is ’n landwye droom. Ons bring jongmense bymekaar … van oraloor. Ons stel hulle energie vry en bring hulle met ander jongmense in aanraking sodat hulle kan besef dat hulle nie alleen is nie.Ongeag die pyn van hulle verlede, wys #Imagine vir hulle daar is hoop en vrede in Christus. Hulle is nie gevangenes van hulle verlede nie, maar pioniers van die toekoms. Die beweging daag jongmense uit met hierdie groot visie: Elke probleem in ons land is ʼn unieke geleentheid vir iemand wat kan droom, wat glo dat dinge werklik kan verander en wat bereid is om in te spring en betrokke te raak. Ware verandering sal baie harde werk kos. Die jongmense het egter die vermoë, die energie en die ywer om dit te laat gebeur.

By #Imagine is ons besig om die onderwysers, die mediese personeel soos dokters en verpleërs, die maatskaplike werkers en die bedieningsleiers van môre te vorm – mense wat kies om ʼn lewe te leef wat betekenisvol is. As die toekoms soos #Imagine kan lyk en voel, sal dit rooskleurig en blink en opwindend wees. Ons God kan enigiets doen.

God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie” (Ef 3:20).

1 2