Liewe vriende van Missie Japan,
Ons is dankbaar om te kan sê dit gaan goed hier in Kobe, waar die laaste tekens van herfs plek maak vir die winter se koms.
Ons loof die Here vir julle volgehoue, getroue ondersteuning tydens die afgelope jaar. Dit was vir ons ʼn tyd vol veranderinge en groei, propvol nuwe geleenthede om die wyer kerk in Japan te dien en voluit te leef, vanuit ons basis by Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool.
Al is ons ver uitmekaar, is ons is onlosmaaklik verbind as een Liggaam van Christus, wat deel in mekaar se vreugdes en nood. Ons hoop en gebed dat dit met julle ook goed gaan te midde van baie uitdagings en onsekerhede.
Tussen 30 Junie en 10 Oktober 2017 besoek ons DV Suid-Afrika (amptelike 3-jaarlikse deputasie). Ons sien uit om soveel moontlik van ons ondersteuners, familie en vriende dan te sien en terugvoer te gee oor ons werk en lewe hier. Kontak ons gerus hieroor by [email protected].
Weereens dankie vir julle meelewing, gebede en omgee. Ons bly daarvan afhanklik.
Seën en diep vreugde en vrede in Christus, ons Here.
Stéphan, Carina, Cornelius (7), Lodewyk (5) en Stephan (3), Annlie (9)
Kobe, Japan