“Wie eerlike mense mislei sodat hulle die verkeerde pad loop, sal self in die gat val wat hy gegrawe het; die opregte sal voorspoed geniet.” (Spr. 28:10)
Het iemand jou al ooit probeer ompraat of probeer dwing om aan twyfelagtige dade deel te neem? Andere kan soms probeer om jou waardes belaglik te maak of jou keuses bespotlik te maak met die doel om jou oor te haal tot ongewensde aktiwiteite.
Spreuke 12:26 sê egter: “Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur ’n vriend; die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies”.
Hou in gedagte dat andere jou dalk by hul aktiwiteite probeer intrek net sodat hulle beter kan voel oor hul eie keuses. Soos die spreekwoord sê: “Misery loves company” (“Onreg soek maats”).
Jesus het vir Sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.” (Luk. 17:1)
Hou ook in gedagte dat dit die vyand kan wees wat deur mense werk om jou te probeer beroof van goeie dinge wat God vir jou lewe beplan het. 1 Johannes 3:7 waarsku dat jy jou nie deur enigiemand moet laat mislei nie.
Verder: Oorweeg biddend hoe jy self jou vriende beïnvloed. Vra God om jou te help om in nederigheid andere bo jouself te ag (Fil. 2:3), ten einde hul beste belange, asook jou eie, te dien (Fil. 2:4).
Gebedsfokus: Die Boek Spreuke.
Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,
Amen
Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.
Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.