Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 25 Oktober 2019

JY IS TOT ALLES IN STAAT DEUR DIE KRAG VAN CHRISTUS.

NG Kerk Stellenbosch-Wes

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” (Kol. 4:13)

Dit is my gunsteling Bybelvers, en as jy al heelwat van my skryfwerk gelees het, ken jy dit waarskynlik uit jou kop uit. Ek pas dit toe op elke lys Bybelverse waar ek dit kan inpas. Ek kan ALLES doen deur Christus wat vir my die krag gee. Let op: daar staan nie die meeste dinge nie, maar alles. Dit beteken egter nie alles op dieselfde tyd nie. Dit beteken ook nie dat jy bomenslik is of deurentyd alles vir almal kan wees nie. Ek dink nie dit beteken enige van hierdie dinge nie. Wat ek wel dink dit beteken is dat Hy vir jou die middele/instrumente sal gee om dit te doen waartoe Hy jou geroep het om te doen.

  • Moeder van jong kinders? Hy sal jou die uithouvermoë en geduld gee om deur dié lang dag te kom.
  • Verslaafde? Hy sal jou die wil en krag gee wat jy nodig het om “skoon” deur hierdie dag te kom.
  • Is ’n taak aan jou opgedra wat jy dink jy nie kan volvoer nie? Hy sal vir jou leer wat jy nodig het om sukses te behaal.
  • Onseker oor die regte pad? Bid, en Hy sal jou die volgende stap wys wanneer dit die tyd daarvoor is.

Gebedsfokus: Jesus Christus sal vir jou krag gee.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.