JY IS UIT DIE DUISTERNIS GERED.
“Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.” (Kol. 1:13-14)
Die boek Kolossense was ook ’n brief, hierdie keer van Paulus aan die nuwe gemeente in Kolosse, ’n stad in die huidige Turkye. Die kerk is destyds daar geïnfiltreer deur heidense invloede en valse leringe. Paulus wou die halwe waarhede bestry en die mense die regte pad wys, die ware leringe van Jesus. Deur hierdie lens kan jy sien dat die mense van Kolosse in duisternis geleef het, selfs die gelowiges. Hulle het nie vir Jesus gevolg nie; hulle het onwaarhede by hul geloof ingesluit en sodoende hul ou heidense gebruike gekombineer met die nuwe Christelike geloof. God is egter ’n jaloerse God, vir wie halfhartigheid nie aanvaarbaar is nie. Hy wil ons hele hart en siel hê. Ons hoef net te vra en Jesus sal ons uit die duisternis red, ons vry maak en ons sondes vergewe.
Gebedsfokus: Die Seun het ons die verlossing verkry.
Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,
Amen
Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.
Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.