“Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien…” (Spr. 23:17)

NG Kerk Stellenbosch-Wes
’n Mens word maklik vasgevang in die hedendaagse neiging om beroemde persone te bewonder en na hulle op te sien as jou rolmodelle en inspirasiebronne. Dit is egter goed om op hul lewenstyl te let ten einde te bepaal watter soort lewensfilosofieë jy gebruik om jou te inspireer. Indien jy twyfel wat jou hedendaagse held aanhang, kyk in die Skrif om te bepaal wat God van ’n aktiwiteit of filosofie sê wat hulle aanmoedig.
Titus 2:12 raai jou aan om “nee” te sê vir “die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede”, en liewer te kies vir selfbeheersing en om opreg en heilig te lewe.
Gebruik liewer God se Woord as die belangrikste invloed op jou lewe, in plaas van die veranderende wêreldse filosofieë.
Gebedsfokus: Die Boek Spreuke.
Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,
Amen
Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.
Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.