“Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is, nie daarvan afwyk nie.” (Spr. 22:6)
Indien jy glo dat jy jou kinders moet toelaat om dinge in die lewe vir hulself uit te werk sonder leiding of insette van jou kant, berei jy jou kinders voor op ’n lewe van onsekerheid en verwarring.
As jy nie vir hulle die pad aandui wat hulle moet volg nie is daar talle mense in die wêreld wat daarop uit is om jou kinders te beïnvloed en hulle op ’n verkeerde weg te lei.
Wat jy vir jou onvolwasse kinders leer, sal vir die res van hul lewe ’n invloed op hulle hê. Met hierdie wete moedig God jou aan om jou kinders te leer wat God se weë vir hulle beswil en vir jou eie beswil is. Spreuke 23:24 verduidelik hoe dit werk: “’n Vader van ’n kind wat reg doen, voel baie gelukkig; ’n wyse seun verskaf sy vader groot vreugde”.
As jy getrou jou kinders van God leer, selfs al sou hulle later van Hom af wegdraai, verseker God jou dat hulle nooit sal vergeet wat jy vir hulle geleer het nie.
Gebedsfokus: Die Boek Spreuke.
Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,
Amen
Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.
Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.