“So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie.” (Jes. 30:15)
Jesus Christus het dit maklik gemaak vir mense om gered te word: die Israeliete en ander nasies of heidene kan nou slegs deur Jesus Christus gered word. Hy het sy bloed gebruik om te boet vir die sonde van die wêreld. Dus: deur belydenis van sonde en rus sal almal wat die Here se naam aanroep, gered word (Hand. 2:21). Wanneer jy gered is, wees rustig en stil en vertrou op die Here Jesus Christus in elke situasie. Ons vertroue op Hom stel meer genade tot ons beskikking om elke soort teenstand te oorkom. Halleluja! God haat murmurering en ’n gekla; Hy wil dat ons stil sal wees en in vertroue na Hom sal opkyk, en Hy sal doen wat nodig is. Prys die Here! Vertrou Jesus.
Gebedsfokus: Jesus Christus het sy bloed gegee om die sondes van die wêreld te vergewe.
Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,
Amen
Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.
Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.