Bybelverse wat Inspireer
Lees inspirerende aanhalings en Skrifgedeeltes wat jou gees kan bemoedig in tye van onsekerheid en twyfel, verlies, rou, hartseer of hulpeloosheid. Daar is baie Skrifgedeeltes wat jou hart en denke kan ophef en jou die krag kan gee om deur elke dag te kom. In 2 Timoteus 3:16 lees ons dat die HELE Skrif deur God geïnspireer is en groot waarde het vir onderrig, die bestryding van dwaling, regstelling van verkeerdhede en die kweek van die regte lewenswyse. Die Bybel is God se werk wat deur mense geskryf is onder God se inspirasie. Watter beter bron van inspirasie as ons Skepper! Of jy soek na motivering, aanmoediging, versekering of vrede, die Bybel is die eerste bron wat jy behoort te raadpleeg!
Psalm 46:1-3, Spreuke 18:10, Nehemia 8:10 en talle ander.
Gebedsfokus: Bybelverse wat Inspireer
Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,
Amen
Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.
Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.