JY IS ’N VRIEND VAN JESUS.
“Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Ek noem julle vriende, omdat ek alles wat ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.” (Joh. 15:15)
Jy ken waarskynlik die lied “You’ve got a friend in me” uit die film Toy Story? Ek dink elke keer daaraan wanneer ek hierdie vers lees. Jy het ’n vriend in Jesus. Alhoewel ons Sy dienaars, Sy slawe behoort te wees, noem Jesus ons Sy vriende. Is dit nie ’n groot troos en gerusstelling om te weet dat jy Sy vriend, vertroueling en metgesel is nie?
Gebedsfokus: Ek noem julle vriende.
Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,
Amen
Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.
Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.