JY IS GOD SE ERFGENAAM.

NG Kerk Stellenbosch-Wes
“Jy is nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.” (Gal. 4:7)
’n Erfgenaam is iemand wat alles erf wat jy vir hom nalaat, jou materiële besittings, jou rykdom. Stel vir jou voor dat jy die erfgenaam van God is, aan wie alles op aarde en in die heelal behoort! Volgens die Romeinse reg (in die tyd toe die Nuwe Testament geskryf is) was ’n aangenome seun gewaarborg van dieselfde regte as ’n eie seun. Hy is as gelyke behandel, geregtig op sy gelyke aandeel van die eiendom en aansien as die ander kinders. Jou posisie is presies dieselfde. Jy is ’n aangenome kind van God, geregtig daarop om saam met Hom vir ewig in die hemel te leef.
Gebedsfokus: God het jou sy erfgenaam gemaak.
Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,
Amen
Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.
Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.