Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 01 Oktober 2019

JY IS NIE MEER ’N SLAAF VAN SONDE NIE.

NG Kerk Stellenbosch-Wes

“Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.” (Rom. 6:6)

Jy sien, die krag wat sonde oor mense gehad het, het saam met Christus aan die kruis gesterf. Ons ou sondige natuur is nie meer in beheer nie; ons is bevry van die krag daarvan. Alhoewel jy nog aan jou sondige drange mag toegee, is dit nie jou gees nie, maar die sonde wat boos is en wat deur God gehaat word. Voor Jesus se koms na die aarde was mense slawe van die sonde. Hulle kon hulself nie help en anders wees nie. Nou het ons egter ’n keuse: Ons kan kies om vir Christus te lewe in plaas van vir ons vleeslike begeertes.

Gebedsfokus: Ons kies vir Christus

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.