Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

“Meet the neighbours”

Meet the neighbours

Die belydenisklas het, saam met ander gemeentelede, die voorreg gehad om verskeie kerke te besoek en ervaar. Daar was drie kerke, naamlik Shofar, VGK Vlottenburg en die katolieke kerk, St Nicolas.

Shofar
Dit was ’n baie leersame ondervinding en elke kerk het op sy eie manier verskil. Die Shofar kerk fokus meestal op studente en jong mense. Die gemeente was opgewek en baie passievol tydens lofprysing. Die preek was baie inspirerend en ons kon daarby aanklank vind.

VGK
Die VGK Vlottenburg kerk was ons persoonlike gunsteling. Die gemeente het ons met ope arms en breë glimlagte verwelkom. Dit het ons gemaklik en tuis laat voel. Ons almal het saam uit volle bors lofliedere gesing. Dit is ’n hegte gemeente en almal gee om vir mekaar.

Katolieke kerk
Ons was baie verbaas om van al die Katolieke se interessante tradisies te hoor, asook om dit te kon beleef. Dit was ’n bietjie ongemaklik aan die begin omdat ons nie geweet het wat om te verwag nie. Tog was dit baie insiggewend aangesien ons nog nooit werklik besef het hoe Katolieke van ons verskil nie.

Die ‘meet the neighbours’ inisiatief is ’n baie goeie manier om vir ons te wys dat, alhoewel kerke verskillend is, ons almal nog steeds net vir God wil dien.

Soos weergegee in Lewende Lote Lente-uitgawe.  Geskryf deur Simoné Smith en Jane Janse van Rensburg.