Jaartema 2017: Ons leef die Woord
Dit is tradisie om ’n jaartema vir die almanak te kies. Elke maand het ’n spesifieke Bybelteks wat daarby aansluit, en wat ook op die afkondiginge staan. Vir 2017 is die tema: Ons leef die Woord. Hoekom daardie tema?
Reformasiejaar
Die jaartema sluit aan by die herdenking van die Reformasie. Volgende jaar is dit 500 jaar gelede dat die Reformasie begin het. Een van de vyf pilare is: sola scriptura. Dit beteken: net die Woord. Die Bybel was in daardie tyd net in Latyn vir priesters en ander leiers in die kerk beskikbaar. Ook het baie reëls, wat nie meer aangesluit het by die Woord van God nie, belangrik geword. Luther het om daardie rede die Bybel in Duits vertaal sodat mense weer self kon lees wat daar staan. In Gereformeerde kerke sien jy steeds hoe belangrik die Woord is as jy kyk na die kansel (die woordverkondiging) wat ‘n sentrale plek inneem.
Leef die Woord in 2017
Maar hoe hanteer ons die Woord in 2017? Ons het baie vertalings en daar is baie opinies oor wat in die Skrif staan. Dink maar net aan die tema van selfdegeslag verhoudinge. Die realiteit is dat ons baie keer min tyd maak vir Bybellees. En dan praat ons nog nie eens oor hoe ons die Woord leef nie.
Ons sal elke maand een erediens wy aan die spesifieke Bybelteks wat in die almanak staan en aansluit by die jaartema. Mag die Gees ons lei om volgende jaar so hieroor na te dink dat ons liefde vir die drie-enige God en vir Sy Woord net sal toeneem.
Geskryf deur: Almatine Leene
Soos weergegee in Lewende Lote, Someruitgawe.