Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

GEMEENTE-GESKIEDENIS

Het jy geweet?

Die NG Gemeente Stellenbosch-Wes is as derde gemeente op Stellenbosch op 24 November 1952 (ons gemeente se verjaarsdag) gestig.

Die eerste leraar was Ds. Van Velden. Hy was in diens van 28 Februarie 1953 tot 13 Maart 1963. Hy het as konsulent die eerste erediens op Sondag 14 Desember 1952 in die Bothasaal waargeneem na aanleiding van Efesiërs 6:11 “Die wapenrusting van God”.

Die kerkgronde is op 2 Desember 1953 gekoop vir £8 100.

Die orrel is aangekoop op 1 Mei 1953 vir £4 085 en het ook oortollige pype van die Moederkerk ingesluit (na hulle orrel herbou is). Die orrel is ingewy op 17 September 1955 om 19:00.

Die brons klok (G-klank) is op 13 Mei 1953 aangekoop vir £660 en die toring se klokwerk vir £525. Die kerkklokke het vir die eerste keer op 17 September 1955 om 13:30 gelui.

Die brandversekering-premie by Santam was £66.

Die eerste doopbediening was op 18 September 1955.

Die eerste huweliksertifikaat is uitgereik op 10 Maart 1956 – Jacobus Louis Muller is met Elizabeth Margaretha Jonas getroud.

Die saal is op 6 Mei 1972 ingewy en is gebou teen ‘n koste van R84 718. Die aanbouing van kategeselokale is in 1982 gefinaliseer teen ‘n koste van R83 000.

Die pastorie op die kerkgronde is in Desember 1977 voltooi teen ‘n koste van R53 520. Die Sooispitplegtigheid van die nuwe pastorie (waar die De Wets nou bly) was op 21 Augustus 1989.

Loraine de Waal se doop (14 November 1999) is aangeteken in die Dooplidmaatregister van die gemeente. Die doop is waargeneem deur Ds. Chris Saayman. (Gaan loer gerus in die register om te kyk na jou eie besonderhede.)

Saamgestel deur Elmarie Becker en Gert Loedolff uit Argiefdokumente en Die NG Kerk Stellenbosch-Wes – Die Eerste 50 Jaar boekie (saamgestel deur die Feeskomitee en Prof. GF Loedolff).