Die bevestiging van dr Pieter van der Walt (PSD: Teologiese Navorsing) as gekoppelde leraar aan Stellenbosch-Wes gemeente, vind plaas op Sondag 27 November om 09:30. Daniël de Wet behartig die prediking, met Frederick Marais wat Pieter bevestig. Almal is baie welkom. Seënwense aan Pieter en Heidi!
Dr. Pieter van der Walt word aan NGK Stellenbosch-Wes gekoppel as Predikant in Sinodale Diens: Teologiese Navorsing (Wes-Kaap).