Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG KERK STELLENBOSCH-WES Visie

  • As Lewende Lote in Christus, wil ons as gemeente saam groei in ons geloof in Jesus Christus ons Verlosser.  Deur Hom versterk ons ons fondamente en word dienaars van Christus en sy kerk.
  • Ons stap saam met Christus op die lewenspad, en neem deel aan ontmoetings met ander mense ook saam met Hom. Deur in Sy voetspore te volg, word die Evangelie van liefde deur almal ervaar. Die voetspoor is die aanduiding hiervan.
  • Soos ‘n wingerd – wat bekend is in ons omgewing – laat ons die Here toe om ons te snoei en te laat groei en Sy vrug te dra, in die gemeente, maar ook in Sy breër Koninkryk.  Die wingerdblaar en druiwetros dui hierop.
  • Vanuit die Gemeente, wat aan Christus behoort, groei die sigbaarheid van Sy kruis, wat vir ons sentraal as teken van liefde, hoop en genade is.
image