Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

Selfdegeslagverhoudings

Die Kerkraad se reaksie n.a.v die Buitengewone Algemene Sinodesitting 7 tot 10 November 2016 oor Selfdegeslagverhoudings

  • Die Kerkraad is bewus van die verskillende en uiteenlopende emosies oor die besluite van die afgelope week se buitengewone Sinodesitting. Ons betreur dat die geloofwaardigheid van die NG kerk deur verskillende besluite binne ’n jaar te neem, aangetas word.
  • Die Kerkraad bely die Bybel as Woord van God en glo dat die groot gebod en die tweede wat daaraan gelyk is, om God lief te hê en jou naaste soos jouself (Lev. 19:18; Mat. 22:37-40), leidend is in die verstaan en uitleef daarvan. Dit geld vir almal, heteroseksueel en homoseksueel. Om daardie rede wil ons almal omarm en niemand uitsluit nie. 
  • Die Kerkraad is van mening dat alle verhoudings onderworpe moet wees aan die norm van liefde en trou.
  • Die Kerkraad glo dat Christus die hoeksteen van ’n Christelike gemeenskap is (Ef. 2:20-22), en nie die gesin nie (soos verwoord in die 2016 (4.6) besluit).
  • Die Kerkraad onderneem om begin volgende jaar ruimte te maak om te gesels oor die onderwerp van selfdegeslagsverhoudings. Ons vertrou en bid dat die eenheid van die liggaam van Christus (1 Kor. 12:12-31), ondanks verskillende meninge, deur lidmate eerste gestel sal word.

Verder inligting oor die Sinode besluite kan by die kerkkantoor verkry word.