Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 30 Oktober 2019

JY IS ’N SKEPPING IN ONTWIKKELINGSPROSES.

NG Kerk Stellenbosch-Wes

“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” (Fil.1:6)

Kort op die hakke van die meesterstuk-vers vertel ek jou nou dat jy steeds in proses is. Dit kan seker vir jou ’n teleurstelling wees, né? Maar dis waar. As jy enigsins soos ek is, kasty jy dikwels jouself oor jou foute en mislukkings en misstappe. Die mooi van hierdie lewe is egter dat dit nie afgehandel is voordat ons volmaaktheid in die hemel bereik nie. Solank ons op aarde is, is God besig om aan ons te werk, ons beter en mooier te maak. Sy werk in ons het begin toe ons Jesus as Verlosser aangeneem het, en dit sal voortduur totdat ons die hemel ingaan. Dit is vir my ’n gerusstellende gedagte dat, ongeag hoe sleg ek faal, God besig is om my te verbeter. Hy is ook voortdurend besig om jou te verbeter.

Gebedsfokus: God is besig om you te verbeter.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: gebedsbediening@stellenboschwes.co.za.
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.

Verwante plasings via kategorieë