Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 29 Oktober 2019

JY IS GOD SE MEESTERSTUK

NG Kerk Stellenbosch-Wes

“God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” (Ef. 2:10)

’n Meesterstuk is ’n kunstenaar se beste werk, die hoogtepunt van sy loopbaan. Liewe vriend, wanneer laas het iemand vir jou gesê dat jy ’n MEESTERSTUK is?

Jy is! Jy is God se Mona Lisa, sy Sistynse Kapel, sy Laaste Avondmaal, sy Dawid. (Ek sou sy Venus de Milo wou byvoeg, maar hopelik het jy arms.) Sommige vertalings van hierdie teks sê “vakmanskap”, maar ek meen dit het ’n gans ander konnotasie as meesterstuk. JY is sy waardevolle besitting, die kroon van sy Skepping. Jy is God se gunsteling, liewe vriend. Jy, met jou gebrokenheid en tekortkominge, is sy gunsteling.

Gebedsfokus: Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.