Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 15 Augustus 2019

Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou nie, gaan sy ondergang tegemoet.” (Spr. 13:3)

NG Kerk Stellenbosch-Wes

Het jy al ooit ondeurdagte, onverskillige woorde kwytgeraak wat jy later gewens het jy kan terugtrek? Het jy woorde onder stres of in ’n oomblik van drif gesê wat jou diep berou het? Indien wel, sal jy weet dat die uitdrukking “Sticks and stones may break my bones but words will never hurt me” nie waar is nie. Woorde kan onherstelbare skade aan verhoudings doen, hartseer en pyn veroorsaak, en lewenslank bly voortbestaan.

In hierdie tyd van “sê wat jy ookal op die hart het” moet jy God vra om ’n wag voor jou mond te plaas en wag te hou oor die deur van jou lippe (vgl. Ps. 141:3).

Besluit om jou woorde versigtig te kies omdat jy weet dat hulle blywende krag het. Soos Jakobus 1:19 ons beveel: “… elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.”

Gebedsfokus: Die Boek Spreuke.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: gebedsbediening@stellenboschwes.co.za.
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.

Verwante plasings via kategorieë