Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 14 November 2019

Kolossense 2:1-14

NG Kerk Stellenbosch-Wes

Paulus gaan oor na ’n bespreking van die algenoegsame en uitnemende posisie van Jesus se leer.

In die voorafgaande het Paulus verduidelik dat Jesus in alle verhoudinge die oppergesag is en as sodanig is Hy in elke skakel tussen God en mens:

Hy is verbind aan God as heilige lid van die Godheid.

Hy is verbind aan die skepping as die mag wat alles geskep het en wat dit onderhou, maar Hy is ook verbind aan die doel van die skepping se bestaan.

Hy is verbind aan die mensdom as enigste hoop op verlossing van sonde en dood.

Hy is verbind aan hulle wat gered is as Hoof van die liggaam waarin die gereddenes geplaas word, naamlik die kerk.

Paulus toon dus aan dat watter verhouding ookal ter sprake is, is Jesus die eerste en sentrale figuur in daardie verhouding, ongeag of dit in die hemel, in die materiële wêreld, tussen mense of in die kerk is. Hieraan voeg hy toe dat hy, as verkondiger van die evangelie van Jesus Christus, die gesag het om as leraar op te tree. Hy noem sy lyding, die feit dat hy deur Jesus aangewys is en dat hy slegs Jesus se woorde verkondig, as getuigskrifte wat hom laat kwalifiseer vir sy taak.

Ek het genoem dat Paulus die algenoegsaamheid en heerskappy van Christus uitbou om die leer van die valse leraars van daardie tyd te bestry. In die laaste deel van hoofstuk 1 toon Paulus aan dat hy self ’n wettige leraar van Christus se leer is. Paulus gaan hiervandaan daartoe oor om op Jesus se leringe te fokus.

Gebedsfokus: Jesus is verbind aan God as heilige lid van die Godheid.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.