Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 13 Oktober 2019

JY IS VERGEWE.

NG Kerk Stellenbosch-Wes

“Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God… “ (Ef. 1:7)

In die Nuwe Testamentiese tye was lossing (vrykoping) die prys wat iemand moes betaal om ’n slaaf te bevry. Vergiffenis was destyds die verwydering van sonde wanneer ’n dier se bloed as ’n heilige offer gestort is. Jesus was die finale heilige offer, want sy bloed het verlossing sowel as vergiffenis vir ons gebring. Ons word vrygemaak en ons sondes word vergewe deur die betaling met die bloed van Jesus.

Gebedsfokus: Deur die bloed van sy Seun is ons verlos.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: gebedsbediening@stellenboschwes.co.za.
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.

Verwante plasings via kategorieë