Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 12 November 2019

Kolossense 1:18-29

NG Kerk Stellenbosch-Wes

Die derde gedeelte van ’n reeks leringe oor Jesus se uitnemendheid in persoonlike verhoudinge.

Ons het reeds vasgestel dat die hooftema van hierdie brief van Paulus die uitnemendheid en heerskappy van Christus is. Hy gebruik dit in sy stryd teen die valse leraars se nuwe evangelie of nuwe leringe wat probeer afbreuk doen aan die persoon en werk van Jesus wat Hy in ons belang doen. Daarom konsentreer Paulus op die feit dat Jesus die opperheerskappy voer in elke terrein van die skepping en van die geestelike lewe.

In die voorafgaande gedeelte, wat begin by hfst. 1:3 en voortgaan tot 2:7, demonstreer Paulus Christus se uitnemendheid op die gebied van verhoudinge. In die gesagsketting wat strek vanaf God tot mens toon Paulus byvoorbeeld aan dat Jesus elke skakel vervul wat ’n verhouding tussen God en mens moontlik maak. Hierdie ketting, sê hy, begin by God se verhouding met Jesus asSy heilige Seun, en eindig by Jesus as hoof van die kerk se verhouding met mense, wat Sy kerk vorm.

Jesus staan in volmaakte verhouding met God sowel as met die mens, en met alles daartussen. In hfst. 1:18 gaan Paulus voort met Jesus se uitnemendheid in verhoudinge.

Gebedsfokus: Verbreed my persoonlike verhoudinge mrt God.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.