Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 12 Augustus 2019

Wie die waarheid aan die lig bring, lewer betroubare getuienis; ’n getuie wat lieg, maak alles vals.” (Spr. 12:17)

NG Kerk Stellenbosch-Wes

Die kwessie van eerlike getuienis is in die laaste tyd dikwels onder bespreking. Die Spreukeboek beklemtoon die waarde van waarheid en herinner ons hoe belangrik dit is om die waarheid oor andere te praat.

Was jy al ooit in die versoeking om te lieg omdat jy bang was vir die gevolge van eerlikheid? Of het jy soms halwe waarhede vertel omdat dit jou beter gepas het? Indien wel, hou in gedagte:” ’n Betroubare getuie lieg nie; ’n vals getuie vertel een leuen na die ander”. (Spr. 14:5)

In die huidige tydsgees lê die spreek van die waarheid redelik laag op die prioriteitslys. Om te lieg en die vinger na mekaar te wys is aan die orde van die dag. Weet dat God ernstig is oor jou eerlikheid wanneer jy van andere praat. Eksodus 20:16 sê: “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie”.

Gebedsfokus: Die Boek Spreuke.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.