Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

NG Kerk Stellenbosch-Wes Gebedsfokus – Datum: 11 Oktober 2019

JY IS NIE VEROORDEEL NIE.

NG Kerk Stellenbosch-Wes

“Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.” (Rom. 8:1-2)

Voordat Jesus gekom het was die mensdom veroordeel. Mense was geskend deur sonde en skande, en daarom kon hulle nie met God die ewige heerlikheid beleef nie. Maar toe kom Jesus! Toe Jesus vir jou en my gesterf het, het Hy ons skoon gewas van die smet van sonde. Hy het ons ONSKULDIG verklaar, en ons vry gemaak van die bande van sonde en duisternis. Hy het vir ons die ewige lewe saam met God in die hemel gegee. Dit is die beste nuus wat ek nog ooit gehoor het.

Gebedsfokus: Christus Jesus het jou vrygemaak van die wet.

Dankie Vader, in Jesus se naam bid ek,

Amen

Vind nog verse in die Skrif wat jou sal aanmoedig en help om te fokus op God.

Kontak die gebedsbediening vir enige vrae: E-pos: [email protected].
Deel asseblief hierdie gebedsfokus met iemand wat jy dink daarby sal baat.