Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

Eredienste in kerkgebou

Kerkraadsbesluit oor eredienste in Kerkgebou.

Die kerkraad het op Maandag 3 Augustus vergader en besluit dat daar vanaf Sondag 16 Augustus weer ‘n erediens in die kerkgebou gehou sal word om 09:30. Die preek sal regstreeks op Youtube gestroom word.

Die regering het ’n aantal regulasies in verband met kerkdienste neergelê. Ons volg hierdie maatreëls nie slegs omdat dit ’n wetlike verpligting is nie, maar omdat ons as geloofsgemeenskap mekaar liefhet en moet beskerm. Ons versoek u om al die regulasies stiptelik na te volg. 

Die volgende Covid 19 regulasies geld:


  • Maksimum van 50 persone per erediens. 
  • Maskers moet ten alle tye gedra word. 
  • Afstand van 2 meter tussen persone moet toegepas word.  
  • Geen vorm van sosialisering voor of na die byeenkoms. 
  • Geen gemeentesang tydens die erediens.

 

Bespreek:

Aangesien slegs 50 persone volgens Covid-19-regulasies ’n erediens mag bywoon, versoek ons dat u sal plek bespreek om ’n diens by te woon gedurende die week wat die Sondag voorafgaan.

Besprekings moet voor Vrydae 12:00 gedoen word.

Stuur asb. die volle name en identiteitsnommers van al die persone wat die diens gaan bywoon. 

Reëlings by die kerkgebou:

  • Die kerk se hoofingang sal as enigste in- en uitgang gebruik word. 
  • Handreinigers: by die ingang van die kerk sal daar handreinigers wees. 
  • Temperatuurmeting: almal se temperatuur sal gemeet word met ’n afstandstermometer. Persone met ’n temperatuur van 37.5°C of hoër mag die erediens nie bywoon nie. 
  • Register: almal wat die dienste bywoon moet aanteken in ’n register. Lyste word voorsien waarop die lidmate se inligting alreeds ingevul is om die proses vinniger te laat verloop. 

Dis belangrik dat lidmate wat van plan is om eredienste by te woon, die regte verwagting sal hê. Hou in gedagte dat die erediens om baie redes ‘n ander atmosfeer sal hê as waaraan ons voor die grendeltyd gewoond was.

Ons kan nie persone bo 65 en persone met relevante gesondheids toestande verbied om eredienste by te woon nie, maar wil ter wille van uself tog vra dat u dit ernstig oorweeg om nie op hierdie stadium eredienste by te woon nie. Die reëlings rakende eredienste kan van tyd tot tyd verander, so lees asseblief alle kommunikasie aandagtig deur.