Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

Daniël de Wet

image
Dr Daniël de Wet

PREDIKANT

Daniël de Wet is in 1973 in Tulbagh gebore. Hy het na skool teologie studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die grade BA, BD, MTh en DTh behaal het.

Hy is in 1998 as predikant bevestig en was sedertdien in gemeentes in die Paarl, Durbanville, Amsterdam (Nederland) en Knysna.  Terwyl hy predikant in Nederland was, het hy ook deeltyds Ou Testament teologie doseer by Tyndale Teologiese seminarium in Badhoevedorp, naby Amsterdam.

Daniël is getroud met Elmien, ’n grafiese- en webontwerper en hulle het drie kinders, Lisa, Daniël (jnr) en Ami. Hy en sy gesin is lief vir die buitelewe en om saam aan sport aktiwiteite deel te neem.

 


KONTAK DANIEL

image
Ami, Elmien, Lisa, Daniël en Daniël jnr.