Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

Dorkas-se-plek

image

KONTAK

DORKAS-SE-PLEK
SEL: 076 5297680
In die kerksaal by
NG kerk Stellenbosch-Wes
Alexanderstraat 3, Stellenbosch

Spyseniering

Dorkas-se-Plek doen ook spyseniering
op aanvraag
vir kleiner funksies
by die kerk en omgewing.

Heerlike middagetes beskikbaar by Dorkas-se-Plek

Die 'spyskaart van die week' etes is beskikbaar op bestelling.
Toasties, chips, slaai en 'n beperkte aantal etes daagliks beskikbaar sonder bestelling.

MIDDAGETES: PLAAS 'N BESTELLING voor 10:00 AM

076 5297680

Spyskaart vir die Week

Maandag, 19 Februarie 

(Geroosterde broodjies & Slap Tjips soos aangedui)

Dinsdag, 20 Februarie 

Gevulde Pitabrode R40

Woensdag, 21 Februarie 

Hoender Burgers & Slap Tjips/Slaai R50

Donderdag, 22 Februarie 

Verskillende Wraps R40

Vrydag, 23 Februarie 

(Geroosterde broodjies & Slap Tjips soos aangedui)

 

 

OOK DAAGLIKS BESKIKBAAR


Skyfies R15

Mengelslaai R15

Roosterbroodjies

Kaas R18
Kaas & Tamatie R20
Ham; Kaas & Tamatie R22
Ham; Kaas; Tamatie & Ui R24
Ham; Kaas; Tamatie & Eier R24
Hoender Mayonaise R22
Eier Mayonaise R22


Ontbyt Wegneem Roosterbroodjies 

(Maandag tot Vrydag 08:30-11:00)

Eier & Spek R22

Eier, Spek & Kaas R24

Eier, Spek, Kaas & Tamatie R26

Voeg 'n ektra R6 by vir skyfies

'French Toast' & Skyfies R24

Wil jy die SPYSKAART VAN DIE WEEK via epos ontvang? Laat weet ons.

076 5297680

HANDELINGE 9:36

'In Joppe was daar 'n gelowige vrou met die naam Tabita, in Grieks Dorkas. Sy was altyd besig om goed te doen en die armes te help.'

image

Hierdie werkskeppingsprojek wat in 2015 deur Magdaleen Erasmus en Settie de Koker op die been gebring is, gaan van krag tot krag en het reeds ‘n impak op die lewens van talle mense gehad. Volgens Magdaleen het sy as maatskaplike werker en kliniese berader in haar daaglikse omgang met mense wat hulle werk verloor het, besef watter groot impak dit op hulle menswees het. “Baie van hulle voel totaal hopeloos en hulpeloos. DORKAS-SE-PLEK bied vir ons ‘n manier en omgewing waar ons holisties na mense se emosionele en finansiële behoeftes kan aandag gee,” sê Magdaleen.
Die naam DORKAS-SE-PLEK was die wennaam wat deur Judy Badenhorst voorgestel is en verwys na Dorkas se huis in die Bybel vanwaar mense bygestaan en gehelp is.
Alhoewel die projek in geloof deur Magdaleen en Settie begin is, het die Stellenbosch-Wes gemeente se kerkraad die saal se kombuis beskikbaar gestel en kon hierdie ideaal gestalte kry.
Daar is begin met ‘n klein spyseneringsgroep wat verversings verskaf het aan mense wat die kerk se fasiliteite huur en aan omliggende besighede. Die projek het die afgelope jaar geweldig uitgebrei en nog drie vrywilligers - Linda Koetsier, Adel Alberts en Annelie van Velden het by die bestuurspan ingeskakel.
Hulle doen tans gereeld die verversings vir begrafnisse en ander funksies. Daar is ‘n weeklikse spyskaart wat op ‘n gereelde basis na sekere besighede en indiwidue per e-pos gestuur word. Enige persoon wat belangstel kan die spyskaart ontvang en bestellings plaas.
“Soos genoem, is die werkers mense wat werkloos geraak het as gevolg van emosionele, maatskaplike of ander probleme. Die doel van DORKAS-SE-PLEK is om hierdie mense te bemagtig en hulle selfbeeld te bou, sodat hulle uiteindelik weer as produktiewe burgers tot die ope-arbeidsmark kan toetree,” sê Magdeleen.
Volgens Magdeleen het vier mense reeds die projek verlaat en doen tans baie goed in die gemeenskap as ondermeer bestuurder van ‘n eie besigheid, voltydse werk, klerk in die publieke sektor en ingeskrewe student by Boland Kollege.