Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

Barmhartigheid

image

As dankbare geseëndes wil ons graag vir behoeftiges tot seën wees sodat ons elkeen in 'n florerende verhouding met die Here, onsself, mekaar en ons omgewing kan staan.

Ons wil graag in langtermyn verhouding met die gemeenskap en organisasies staan om so die basiese fisiese en emosionele welstand van ons onmiddelike omgewing (gemeente en gemeenskap) saam te verseker.

Ons wil in liefde hande vat met gemeentelede, kinders, bejaardes, gestremdes, haweloses, siekes en enige ander in nood in ons gemeenskap.

Ons wil jou uitnooi om as geseënde betrokke te raak deur jou gebede, gawes en geld beskikbaar te stel om vir ander (en jouself) tot seën te kan wees.


Kontak gerus vir Elmarie Becker by 084 245 3746


image

Diens van Barmhartigheid 25 Maart 2023

Nuusbrief

Hiermee Diens van Barmhartigheid se eerste maandelikse nuusbrief waar jy kan lees wat ons gemeenskaps-vennote benodig itv gebedsversoeke, vrywilligers, goedere asook hoe ons finansieël bygedra het om herstelde verhoudings met God, self, mekaar en gawes en talente vir self-versorging, te bewerkstellig. Uitnodiging: - Raak betrokke by dit waaroor jy passievol is - Gee behoeftes maandeliks op die 15 de deur tov die volgende maand ️ Geseënd om so te kan seën!

Laai af