Ons jaartema vir 2018 is:
'MAAK 'N VERSKIL'
Hier onder volg meer inligting oor die bestaande bedieninge in ons gemeente.
Raak betrokke en maak 'n verskil.
Kontak gerus 'n bedieningsleier of predikant om meer uit te vind.

BARMHARTIGHEID
VOORSITTER: Madia Ackermann
Die Diens van Barmhartigheid se hooffokus is om die nood van enige behoeftige persoon, ten eerste binne die gemeente, sowel as buite die gemeentegrense, te probeer verlig deur die voorsiening van onder andere fisiese hulp (soos kospakkies en klere), asook berading, ondersteuning, uitreike en werkskeppingsprojekte.
KONTAK MADIA: 082 550 3146

EIENDOMME
VOORSITTER: KALLA SMIT
Die verantwoordelike bestuur en onderhoud van ons gemeente se eiendomme. Dit behels die Kerk, die Gemeentesentrum, die Kerkterrein en twee pastorieë. KONTAK KALLA: 021 880 2925
KONTAK KALLA
JEUG
VOORSITTER: LEAN HEUNES
Die versorging en bediening van alle jeug in ons gemeente. Junior Kategese (Kleuters tot Graad 4) geskied tydens die erediens. Senior Kategese (Graad 5 tot Graad 11) geskied na afloop van die erediens. KONTAK LEAN: 083 4417001
MEER INFOINLIGTING
Kommunikasie van gemeente- en koninkryks-aangeleenthede, aan ons diverse gemeentelede, deur middel van verskeie mediums, om te verseker dat elke Lewende Loot geleenthede vir saam aanbid, saam bid, saam Bybelstudie doen, saam groei, saam dien, saam getuig, saam uitreik, saam toegerus te word en saam te netwerk, kan aangryp om so die Ware Wingerdstok te verheerlik.
KONTAK MichéleSELGROEPE EN WYKE
Die bediening vir kleingroepe het ten doel om ’n struktuur te vestig en uit te bou waar almal tuis kan voel in ‘n kleiner groep binne die gemeente. Hierdie groepe wil saam groei, inspireer en ’n verskil maak in die omgewing waar hulle woon en werk.
KONTAK DANIëLGELDSAKE
VOORSITTER: ANDRIE SCHOOMBEE
Die beplanning van die gemeente se finansiële aksies en die kontrole van die besteding van gemeente-fondse.

MUSIEK & TEGNOLOGIE
VOORSITTER: GERRIT HUMAN
Die Musiek- en Tegnologiebediening hanteer die audio- en visuele instrumente wat deur middel van musiek, klank en data die gemeente musikaal en tegnies ondersteun tydens lofprysing en aanbidding. Die eredienste word verder ook visueel en klankmatig herlei na verskeie ander lokale, soos die moederkamer, konsistorie, Geluksoord, Stellenoord en wêreldwyd deur die internet.
KONTAK GERRIT
GASVRYHEID
VOORSITTER: LINDA KOETSIER
Met Romeine 12:3b: “...En lê julle toe op gasvryheid” as Bybelse opdrag dien die gasvryheidsbediening die gemeente na binne en buite deur geleentheidspyseniering. Deur die gemeente se geriewe beskikbaar te stel word ook fondse gegenereer om onder andere die kombuis- en badkamergeriewe te verbeter.
KONTAK LINDA
DIENSVERHOUDINGE
VOORSITTER: COBUS ACKERMANN
Die bediening vir Diensverhoudinge sien om na alle sake wat die personeel van die NG Kerk Stellenbosch-Wes raak. Die Kommissie adviseer die Kerkraad van die toepaslike arbeidswetgewing, bepalings van die Kerkorde, Bepalinge en Reglemente en algemene personeelbestuurspraktyke. Die Kommissie dien as kommunikasiekanaal tussen die Kerkraad en personeel.
KONTAK COBUS
GETUIENIS NA BUITE
VOORSITTER: GIELIE DE WAAL
Kragtens Jesus se Groot Opdrag (Hand. 1:8) is elke Christen daartoe geroepe om medewerker aan die uitdra van die Evangelie te wees. Hierdie bediening fasiliteer die gemeente se betrokkenheid by die uitdra van die Evangelie buite die gemeentegrense “… tot aan die uithoeke van die aarde”. Dit geskied hoofsaaklik deur middel van wedersydse besoeke en kommunikasie tussen gemeentelede en sendelinge, voorbidding vir en finansiële sowel as ander vorme van ondersteuning aan sendelinge en sendingprojekte. Gemeentelede is tans by nege sendingprojekte betrokke – vanaf Stellenbosch tot in Indië en Japan. KONTAK GIELIE DE WAAL: gielie@thetreefarm.co.za
MEER INFO OOR SENDINGVISIONERING, TOERUSTING & GEBED
RIKUS
Dink na oor roeping en praktiese uitleef daarvan vir gemeente en leierskap. Toerusting op gebied van teologie, bedieninge en leierskap. Vasstel van jaartema en opdatering van die kerkraad struktuur dokument.