Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

‘7 WEKE AS ENTREPRENEURS VAN HOOP’

Die week van 27 Januarie begin ons gemeente met ‘n sewe weke reeks.

TEMA

“Sewe Weke as Entrepreneurs van Hoop”.

Die  idee van Entrepreneur word tydens die reeks as ‘n analogie gebruik vir ons roeping as gelowiges.  Ons beskou die 7 weke reeks as ‘n geloofsvormingsproses wat jou wil begelei in jou stiltetyd, tye van refleksie en met Skrifgedeeltes en gespreksvrae jou wil vorm, aanmoedig en uitdaag tot die praktiese leef van jou geloof. Ons vier elke Sondagoggend tydens die erediens die bepaalde week se tema in die prediking.