Alexanderstraat 3, Stellenbosch. TEL: 021 886 5132.

31 MEI 2020 Covid-19 Biddag

Laai gerus die pdf dokument af met gebede en tekste vir die Covid-19 biddag.

LAAI AF: Covid-19 biddag pdf 


God van lewe

U het beloof om altyd by ons te wees

ook op moeilike dae en in tye soos nou.

Skenk aan ons helderheid van verstand,

krag in ons werk en onderskeiding in ons keuses,

rus wanneer ons slaap

en vrede in ons gedagtes.

Wees by diegene wat meer hulp as onsself nodig het.

Help ons om te sien wat ons, vanuit u liefde, kan aanbied.

Amen


 

 

 

Verwante plasings via kategorieë